’n Tholos (meervoud: tholoi; Grieks: θολωτός τάφος, "koepelgraf"), is ’n byekorfvormige grafkelder wat gekenmerk word deur ’n koepel wat gevorm is deur al hoe kleiner wordende ringe modderstene of klippe.
Tholoi is in verskeie kulture van die Middellandse See-gebied en Wes-Asië gebruik om mense te begrawe, maar soms is hulle vir ander doeleindes gebruik soos huise (Siprus), rituele (Sirië) en forte (Spanje, Sardinië).