Thomas Nagel | |
---|---|
![]() Nagel in 1978 | |
Gebore | 04 Julie 1937 |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Alma mater | Cornell-universiteit, Corpus Christi Kollege, Oxford, Harvard-universiteit |
Eggenoot |
|
Noemenswaardige werke |
|
Toekennings |
|
Webwerf | Faculty webpage (Dept of Philosophy) Faculty webpage (School of Law) |
Thomas Nagel (Engelse uitspraak: ˈ|n|ei|g|əl; gebore 4 Julie 1937) is 'n Amerikaanse filosoof. Hy is Emeritus Professor van Filosofie en Regte aan die New York-universiteit,[1] waar hy vanaf 1980 tot 2016 klas gegee het.[2] Sy hoofareas van filosofiese belangstelling is regsfilosofie, politieke filosofie en etiek.[3]
Nagel is bekend om sy kritiek van materiaal reduksionistiese oogpunte betreffende die verstand en bewustheid, veral in sy essay "What Is It Like to Be a Bat?" (1974) asook sy bydrae tot deontologiese en liberaal-morele politieke teorie in The Possibility of Altruism (1970) en gevolglike skrywes. Hy het voortgegaan met kritiek op reduksionisme in sy Mind and Cosmos (2012), waarin hy teen die neo-Darwiniaanse oogpunt betreffende die opkoms van bewustheid argumenteer.