Thomas Bowler | |
---|---|
![]() Thomas Bowler (1844) | |
Geboortenaam | Thomas William Bowler |
Gebore | Tring, Hertfordshire | 9 Desember 1812
Sterf | 24 Oktober 1869 (op 56) Londen |
Nasionaliteit | ![]() |
Veld | Skilder |
Thomas Bowler (1812–1869) was ’n Engelse skilder wat aan die Kaap gewerk het. Hy het veral landskap-, see- en straattonele en belangrike historiese gebeurtenisse geskilder.[1] Van sy werke is in die William Fehr-versameling, William Humphreys-kunsgalery en die Mendelssohn-versameling opgeneem.