Die Thraciese helm, ook die Illiriese helm genoem, kom waarskynlik uit die Peloponnesos. Dit het bestaan uit twee bronsplate wat aan die bokant aaneengevoeg is tot 'n gleuf waarin 'n kam geplaas kon word. Kenmerkend daarvan is die parallellopende rande langs die verbinding en die gebrek aan enige beskerming van die gelaat, soos by die Korintiese helm.