Die Tien Gebooie of Tien Woorde (Hebreeus: עשרת הדיברות, Aseret ha'Dibrot), ook Dekaloog (Grieks: δεκάλογος, dekálogos), is 'n lys godsdienstige en morele verpligtinge, wat volgens die Bybel deur God aan Moses gegee is op die berg Sinai (Eksodus 19:23[1]) of Horeb (Dewerim/Deuteronomium 5:2[2]). Die Joodse fees Sjavuot herdenk die ontvangs van die Tien Woorde deur Moses op die berg Sinai.
Moses het die Here geantwoord: "Die volk kan nie Sinaiberg bestyg nie, want U self het ons gewaarsku om 'n grens rondom die berg vas te stel en daarvan af weg te bly."
Die Here ons God het by Horeb 'n verbond met ons gesluit.