![]() Tiger II-tenk op 'n geplavleide straat in Budapest, Oktober 1944 | |
Tipe | Swaartenk |
---|---|
Oorsprong | ![]() |
Diensgeskiedenis | |
In gebruik | 1944–1945 |
Oorloë | Tweede Wêreldoorlog |
Produksiegeskiedenis | |
Ontwerp | 1943 |
Vervaardiger | Henschel & Son / Krupp (skiettoring) |
Koste per eenheid | 800,000 Ryksmark ($300,000 VSD) in 1944–45[1] |
Aantal gebou | 492[2] |
Spesifikasie | |
Massa | 68.5 metrieke ton met eerste skiettoring 69.8 metrieke ton met latere skiettoring |
Lengte | 7.38 m (romp) 10.286 m met kanon vorentoe |
Wydte | 3,577 m |
Hoogte | 3,09 m |
Bemanning | 5 (drywer, kanonnier, laaier, bevelvoerder, drywer) |
Pantser |
25–185 mm |
Primêre bewapening |
1× enkelstuk 8.8 cm KwK 43 L/71 (Eerste modelle) 1x 2-stuk 8.8 cm KwK 43 L/71. (Serien turm) Produksiemodelle het 86 projektiele gedra |
Sekondêre bewapening |
2× 7.92 mm MG 34 masjiengewere met 5,850 rondtes |
Enjin | Petrol aangedrewe V-12 Maybach HL 230 P30 |
Enjinlewering | 515 kW |
Transmissie | Maybach OLVAR EG 40 12 16 B (8 ratte vorentoe en 4 tru) |
Suspensie | Torsiestawe |
Grondvryhoogte | 495 tot 510 mm |
Brandstofkapasiteit | 860 liters |
Operasionele bereik |
170 km |
Snelheid | Maks. 41.7 km/h |
Die Tiger II is 'n Duitse swaartenk van die Tweede Wêreldoorlog. Die finale amptelike Duitse naam van die tenk was Panzerkampfwagen Tiger Ausf. B,[nota 1] soms verkort tot Tiger B.[3] Die krygslogistieke naam was Sd.Kfz. 182.[3] Dit was ook informeel bekend as Königstiger[3] (die Duitse naam van die Bengaalse tier), soms vertaal as Koninklike Tier, of soms verkeerdelik vertaal as Koning Tier deur die Geallieerde soldate.[4][5]
Die Tiger II was die opvolger van die Tiger I en het die Tiger I se dik pantser met die skuins pantser van die Panther-tenk mediumtenk gekombineer. Die Tiger II het amper 70 ton geweeg en was beskerm met 100 tot 185 mm pantser aan die voorkant.[6] Dit was toegerus met die lang loop 8.8 cm KwK 43 L/71 teentenkkanon.[nota 2] Die onderstel is ook gebruik as basis vir die Jagdtiger skiettoringlose teentenkvoertuig.[7]
Die Tiger II was uitgereik aan die swaartenkbataljons van die Duitse Leër en die Waffen-SS. Dit was die keer op 11 Junie 1944 vir oorlogvoering deur die 503de Swaarpantserbataljon gebruik gedurende die Geallieerdes se inval van Normandië.[8] Aan die Oosfront was die 501ste Swaarpantserbataljon die eerste eenheid wat met die Tiger II toegerus is. Hulle het op 1 September 1944 oor 25 Tiger II-tenks beskik.[9]
Verwysingfout: <ref>
tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/>
tag was found