Tigerair

Tiger Airways Singapore Pte Ltd
IATA ICAO Roepteken
TR TGW GO CAT
Gestig12 Desember 2003
(as Tiger Airways)
Laaste vlug25 Julie 2017 (smelt saam met Scoot)
HoofspilleLughawe Singapoer Changi
Vlootgrootte31[1]
Bestemmings35
HoofkantoorChangi, Singapoer
SleutelpersoneLee Lik Hsin (H.U.B.)
Webwerfwww.tigerair.com

Tiger Airways Singapore Pte Ltd, wat as Tigerair handel gedryf het, was 'n laekosteredery met sy hoofkwartier in Singapoer. Dit het vlugte aangebied na plaaslike bestemmings in Suidoos-Asië, Australië, China en Indië vanaf sy belangrikste basis by Lughawe Singapoer Changi.

Sy hoofkantoor was in die Honeywell-gebou in Changi, Singapoer,[2] en was 'n volfiliaal van Tiger Airways Holdings.

Tigerair het die CAPA "Laekostelugredery van die Jaar"-toekenning in 2006 en 2010 ontvang.

  1. "Lys van vliegtuie op Singapoer se register" (in Engels). Burgerlugvaartowerheid van Singapoer. 31 Oktober 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2020. Besoek op 30 November 2014.
  2. "Singapore Air Operators Geargiveer 31 Augustus 2012 op Wayback Machine." () Burgerlugvaartowerheid van Singapoer. Besoek op 31 Oktober 2012. "17 Changi Business Park Central 1, #04-06/09 Honeywell Building, Singapore 486073"

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne