Timocharis van Alexandrië | |
Gebore | 320 v.C. |
---|---|
Oorlede | 260 v.C. |
Blyplek | Antieke Griekeland |
Vakgebied | Sterrekunde |
Timocharis van Alexandrië (omstreeks 320–260 v.C.) was ’n Griekse sterrekundige en filosoof. Hy is waarskynlik in Alexandrië gebore en was ’n tydgenoot van Euklides.
Die bietjie wat van Timocharis bekend is, kom uit aanhalings deur Ptolemeus in die Almagest. Ptolemeus het die deklinasie van 18 sterre gelys wat omstreeks 290 v.C. deur Timocharis of Aristillus aangeteken is.[1] Tussen 295 en 272 v.C. het Timocharis onder meer vier maansverduisterings aangeteken.[2] Sy waarnemings is van die oudste Antieke Griekse rekords wat aan ’n spesifieke datum gekoppel kan word. Die enigste vroeëre rekord is van ’n sonstilstand in 432 v.C.[3]
Die krater Timocharis op die maan is na hom genoem.[4]