Tipe XXI-duikboot

Die Tipe XXI-duikboot was 'n klas duikboot wat die Duitse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog ontwerp en gebruik het. Hierdie tipe duikboot is teen die einde van die oorlog ontwikkel om die Geallieerdes se oorheersing in die Atlantiese Oseaan tot 'n einde te bring. Die voordele van die tipe was dat dit dieper kon duik, die romp was meer vaartbelyn, dit was toegerus met 'n snorkel en die batterye se kapasiteit was aansienlik groter, wat die duikboot 'n hoër onderwaterspoed en beter uithouvermoë gegee het.

Dit is egter te laat in produksie gestel om 'n verskil in die oorlog te kon maak.

Die USS Nautilus, die eerste kernaangedrewe duikboot, se ontwerp is gebaseer op dié van die Tipe XXI-klas.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne