Tito Mboweni | |
![]() Mboweni by die Wêreld Ekonomiese Forum in 2011 | |
Minister van Finansies
| |
Ampstermyn 9 Oktober 2018 – 5 Augustus 2021 | |
Vise | Mondli Gungubele |
---|---|
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Nhlanhla Nene |
Opgevolg deur | Enoch Godongwana |
8ste goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank
| |
Ampstermyn 8 Augustus 1999 – 8 November 2009 | |
Voorafgegaan deur | Chris Stals |
Opgevolg deur | Gill Marcus |
Minister van Arbeid
| |
Ampstermyn 1994 – 1999 | |
President | Nelson Mandela |
Voorafgegaan deur | nuwe pos |
Opgevolg deur | Membathisi Mdladlana |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Tzaneen, Transvaal, Unie van Suid-Afrika | 16 Maart 1959
Sterf | 12 Oktober 2024 (op 65) Johannesburg, Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Kind(ers) | 3 |
Alma mater | Nasionale Universiteit van Lesotho Universiteit van Oos-Anglië |
Tito Mboweni (16 Maart 1959 – 12 Oktober 2024) was 'n Suid-Afrikaanse politikus wat van 9 Oktober 2018 tot 5 Augustus 2021 as minister van finansies onder president Cyril Ramaphosa gedien het.[1]
Tussen 1999 en 2009 het hy die pos as agtste goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank beklee. Hy is op 8 Augustus 1999 in die pos aangestel om dr. Chris Stals op te volg. Me. Gill Marcus vervang hom as goewerneur op 9 November 2009. Hy het tussen 1994 en 1999 as minister van arbeid onder president Nelson Mandela gedien.
Mboweni was in Januarie 2019 teen die afskaffing van Afrikaans as onderrigtaal by die Universiteit van Pretoria gekant. In Julie 2019 het Mboweni aangekondig dat voorbereidings aan die gang is om 'n staatsbeheerde bank vir private kliënte te stig. Sodoende reageer hy op 'n versoek van die Ekonomiese Vryheidsvegters.[2]
In Januarie 2020 het Mboweni die eerste lid van 'n Suid-Afrikaanse kabinet sedert die einde van apartheid geword wat voorgestel het dat Suid-Afrika en Lesotho as 'n federale staat verenig word. Reaksies op hierdie voorstel in beide lande was deels negatief en deels positief.[3]