Toengoesiese tale Mantsjoe-Toengoesies
| |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Siberië, Mantsjoerye |
Genetiese klassifikasie: |
Altaïes (omstrede) Toengoesiese tale |
Onderafdelings: |
Noord-Toengoesiese tale
Suid-Toengoesiese tale
|
Verspreiding van Toengoesiese tale |
Die Toengoesiese tale of Mantsjoe-Toengoesies is 'n taalfamilie wat uit 11 tale bestaan en deur 750 000 mense in Siberië en Mantsjoerye gepraat word. Dié taalfamilie bestaan uit twee groepe, naamlik die Noord-Toengoesiese en die Suid-Toengoesiese tale. Soms word die Toengoesiese tale ook in drie takke verdeel: Sentraal-Toengoesies, Mantsjoe-Jurgies en Nord-Toengoesies.[1]
Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Xibe (30 000), Ewenkies (15 800) en Ewenies (5 660). Die Toengoesiese tale in Rusland word met die Cyrilliese alfabet geskryf, terwyl die Toengoesiese tale in die Volksrepubliek China veral met die Mongoolse skrif of soms met Chinese karakters geskryf word. Mantsjoe vorm as voormalige amptelike taal van die Qing-dinastie die histories belangrikste taal van die Toengoesiese tale, maar is nou ernstig bedreig. Die meeste Mantsjoes praat intussen Mandaryns.
Sommige taalkundiges groepeer die Toengoesiese tale saam met die Mongoolse en die Turkse tale, soms nog met die Japannese tale, Koreaans en Ainoe, by die Altaïese tale, hoewel dit algemeen betwis word.[2]
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)