Tom (rivier)

Kaart van die Tom se waterskeiding.

Die Tom (Sjabloon:Lang-rus, Sjabloon:Lang-cjs) is 'n rivier in Rusland. Dit is 'n sytak van die Ob in Sentraal Siberië. Die rivier se waterskeiding is geleë binne die Republiek van Chakassië, Kemerowo-oblast, en Tomsk-oblast.[1] Dit is 827km lank, en het 'n opvanggebied van 62000 vierkante kilometer.[2]

Die Tom vloei van die Abakangebergte ('n noordelike voortsetting van die Altai-gebergte) noordwaarts deur die Koezbass. Dit sluit aan by die Ob ongeveer 50 km noord van Tomsk.

Stede aan die Tomrivier sluit in Mezhdurechensk, Nowokoeznetsk, Kemerowo, Jurga, Tomsk, en Seversk.

Die Aba-volk woon naby die Tomrivier.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named bse
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named gvr

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne