'n Tondo (meervoud: tondi of tondos) is 'n Renaissanceterm vir 'n sirkelvormige kunswerk in die vorm van 'n skildery of beeldhouwerk. Die woord is afkomstig van die Italiaanse woord rotondo en beteken "rond". Die term word gewoonlik nie gebruik vir klein ronde skilderwerke nie, maar slegs dié met 'n deursnee van meer as 60 cm, wat derhalwe ronde miniatuurportrette uitsluit – vir beeldhouwerk is die drempel veel laer.
'n Sirkelvormige of ovaal reliëfbeeldhouwerk staan bekend as 'n rondel.[1] Die sinoniem, rondo,[2] verwys gewoonlik na 'n musiekvorm.
roundel: circular or oval frame within which a relief sculpture may be situated