Toulon

Toulon

Kaart Wapen
Vlag
 Land Frankryk
 Région (Admin. gewes) Provence-Alpes-
Côte-d'Azur
 Département Var
 Koördinate 43°07′N 5°55′O / 43.117°N 5.917°O / 43.117; 5.917
 Stigting 2de eeu v.C.
 Oppervlak:  
 - Totaal 42,84 vk km
 Hoogte bo seevlak 1 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2021) 180 452
 - Bevolkingsdigtheid 4 200/vk km
 - Metropolitaanse gebied (2018) 580 000
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Josée Massi (2023-26)
 Amptelike webwerf www.toulon.com

Toulon (Oksitaans: Tolon, Italiaans: Tolone) is die prefektuur (hoofstad) van die Franse département Var met 'n oppervlak van 42,84 vierkante kilometer en 'n bevolking van 180 452 in 2021. Die metropolitaanse gebied (Frans: aire urbaine) van Toulon het 'n bevolking van meer as 'n halfmiljoen. Die stad aan die oostelike ent van die Golf van Lion lê halfpad tussen Marseille in die weste en Saint-Tropez in die ooste. Dit is Frankryk se belangrikste vlootbasis aan die Middellandse See.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne