Oorsig | |
---|---|
Kategorie | Wêreldtydrenmotor |
Vervaardiger | Toyota |
Voorganger | Toyota Corolla WRC 1997–1999 |
Tegniese spesifikasies | |
Onderstel | Versterkte bakwerk met 'n gesweisde veelpuntrolhok |
Enjin | Toyota Motorsport 1.6 L viersilinder, 16-klepper turbo |
Transmissie | 6-gang sekwensiële handratkas |
Kompetisiegeskiedenis | |
Span | Toyota GAZOO Racing |
Renjaers | Tommi Mäkinen, Jarmo Lehtinen |
Debuut | 2017 |
Die Toyota Yaris WRC is 'n wêreldtydrenmotor wat deur Toyota Motorsport GmbH ontwerp word om in die Wêreldtydrenkampioenskap (WRC) mee te ding.[1] Die motor is gebaseer op die Toyota Yaris, en sal die eerste motor wees waarmee Toyota aan die WRC deelneem sedert sy onttrekking uit die kampioenskap aan die einde van die 1999-seisoen om te fokus op sy Le Mans Prototipe en Formule Een-programme.
Die motor het sy toets- en ontwikkelingfase in Maart 2014 begin,[2] voor sy debuut in die 2017 seisoen.[3] Die ontwikkeling en bedryf van die motors sal onder die viermalige Wêreldbestuurderskampioen Tommi Mäkinen wees,[4] en wel onder die vaandel van Toyota GAZOO Racing. Die motor het sy eerste openbare verskyning in Mei 2016 gemaak tydens toetse in Palokka-Puuppola, met Mäkinen en Juho Hänninen as bestuurders.[5]