![]() | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Astra Daihatsu Motor (Indonesië) Perodua (Maleisië) FAW Jilinv ( ![]() |
Produksie | 2003–huidig |
Montering | Noord-Jakarta, Indonesië Karawang, Jawa Barat, Indonesië Santa Rosa, Laguna, Filippyne Rawang, Selangor, Maleisië |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Mini MPV |
Bakstyl | 5-deur MPV |
Uitleg | Voorenjin, agterwieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | Petrol: 1.0 L I3 VVT-i [2] 1.3 L I4 VVT-i 1.5 L I4 VVT-i |
Ratkas | 5-ganghandrat 4-gang outomaties |
Die Toyota Avanza is 'n mini MPV ontwerp deur Daihatsu. Dit word vervaardig in Indonesië[3] en ook onder kontrak gemonteer in Maleisië met die eerste generasie. Daihatsu ontwerp en vervaardig die voertuig, wat dan verkoop word deur beide Daihatsu en Toyota onder die Xenia en Avanza naamplate. Daihatsu verskaf die voertuig aan Toyota onder 'n vervaardigingsooreenkoms.[4] Die motor is by die Gaikindo Auto Expo in 2003 bekend gestel en daar is meer as 100,000 eenhede in daardie jaar verkoop. Die naam "Avanza" is van die Italiaanse woord "avanzata" afkomstig, wat "vooruit" beteken.
Die Avanza is 'n nuwe model ontwikkel as 'n intreevlak-veeldoelvoertuig. Die geestelike voorganger was die Kijang, wie se modelprogram sedertdien verdeel is in twee verskillende modelle (die ander is die groter, duurder Kijang Innova) om Toyota se belang in die MPV sektor uit te brei. Die Avanza is soortgelyk aan die Kijang se landelike pad-instaat, agterwielaandrywing, bak-op-raam ontwerp.
Bykomend tot Indonesië en Maleisië, is die Avanza in die Filippyne, Thailand, Brunei, Pakistan, Bangladesj, Sri Lanka, Libanon, Meksiko, Peru, Egipte en verskeie ander Afrika-lande verkoop. 'n Herkenteken weergawe van die motor is in China verkoop onder die FAW kenteken tot 2010.
Teen Oktober 2011 was daar 1 000 000 Avanza-Xenia eenhede verkoop, insluitend 113 000 uitgevoerde eenhede.[5][6][7]