Toyota E-enjin

'n Toyota 2E-enjin

Die Toyota E-reeks is 'n inlynviersilinderenjinreeks, en gebruik 'n tydreëlband eerder as 'n tydreëlketting. Die E-enjins was die eerste multiklepenjins deur Toyota ontwerp met ekonomie, praktiese en alledaagse gebruik in gedagte (eerder as prestasie). Soos baie ander Toyota-enjins van die era, beskik die E-enjinreeks oor 'n gietysterblok met 'n aluminiumsilinderkop.

E-enjins is ligter in vergelyking met vroeëre Toyota-enjins, as gevolg van die hol krukas, uitgedunde gietsel van die silinderblok, en verskeie ander massabesparings. Vergasserweergawes sluit in 'n nuutontwerpte, veranderlike-venturi vergasser. Al hierdie veranderinge verbeter ekonomie en kraglewering. Die E-familie enjins wissel van 1,0 tot 1,5 L in verplasing.

Die E-familie vervang die K-enjins in die meeste toepassings. Meeste onderdele in die reeks is onderling uitruilbaar.

Die enjins is in die jare 1985 tot 1999 deur die Toyota Motorkorporasie vervaardig.



From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne