Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Toyota |
Produksie | 2010–huidig |
Montering | Bidadi, Karnataka, Indië[1] Sorocaba, São Paulo, Brasilië[2] |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Subkompakte motor Supermini |
Bakstyl | 5-deur sedan |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.5 L Toyota 2NR-FE inlynviersilinder (petrol) 1.4 L Toyota 1ND-TV I4 (diesel) |
Ratkas | 5-gang handrat |
Lengte | 4265 mm |
Breedte | 1695 mm |
Hoogte | 1510 mm |
Asafstand | 2550 mm |
Plek in geskiedenis | |
Variante | Toyota Echo |
Die Toyota Etios is 'n lyn van vierdeursedan en luikrugmotors vervaardig deur die Japannese motorvervaardiger Toyota vir die Indiese motormark sedert 2010 en ook vir Suid-Afrika[3] en Brasilië[4] sedert 2012, en Indonesië sedert 2013 (1.2 liter petrolluikrug). Die Etios naamplaat kom van die Griekse "Etos", wat beteken gees, karakter, en idees.[5] Die sedanweergawe is in Desember 2010 vrygestel en die Liva luikrug is in Junie 2011 van stapel gestuur. [6]
Teen Mei 2012 het die Etiosreeks verkope van 100 000 eenhede in Indië behaal.[7]
Toyota het die Etios MR2 in 2010 vrygestel onder die modelkode "AK10". Indien toegerus met die 1,2 liter-3NR-FE-enjin, staan dit bekend as die "NGK12". Net so, word die 1,5-liter 2NR-weergawe geïdentifiseer met die "NGK15" kode. Die 1,4 liter-1ND dieselweergawe word na verwys as die "NUK15". Die Etios is gebaseer op die EFC-platform.[8]