Die Toyota Prius is 'n volle hibriede elektriese middel-grootte luikrug, voorheen 'n kompakte sedan ontwikkel en vervaardig deur Toyota. Die Kaliforniese Air Resources Board reken die Prius as een van die skoonste voertuie in die Verenigde State van Amerika gebaseer op rookmisvormende uitset.[1]
Die Prius is eerste verkoop in Japan in 1997, en was beskikbaar by al vier Toyota Japan handelaars, wat dit die eerste massa-geproduseerde hibriedvoertuig maak. Dit is daarna wêreldwyd vrygestel in 2000.[2] Die Prius word in byna 80 lande en streke verkoop, met sy grootste mark dié van Japan en die Verenigde State van Amerika.[3]
Wêreldwye gesamentlike Prius verkope bereik die 1 miljoenmerk in Mei 2008,[4] 2 000 000 in September 2010, en die 3 miljoen kerf in Junie 2013. [5] In Japan bereik dit die 1 miljoen-merk in Augustus 2011.[6]