![]() 2019 Toyota RAV4 | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | ![]() |
Produksie | 1994–huidig |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Oorkruis SNV |
Bakstyl | Mini/kompakte SNV |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf of vierwieldryf |
Die Toyota RAV4 is 'n sportnutsvoertuig (SNV) wat deur die Japannese motorvervaardiger Toyota gebou word. Dit was die eerste kompakte oorkruis SNV, wat sy debuut in Japan en Europa in 1994 gemaak het, en die volgende jaar in die VSA.
Die voertuig is ontwerp vir verbruikers wat 'n voertuig verlang wat die meeste van die voordele van 'n SNV het, soos 'n vergrote vragruim, hoër sigbaarheid en die opsie van voltydse vierwielaandrywing, plus die beweeglikheid en goeie brandstofverbruik van 'n kompakte motor. Alhoewel nie alle RAV4's oor vierwielaandrywing beskik nie, staan RAV4 vir "Recreational Active Vehicle" met viertrek, omdat die bogenoemde toerusting slegs 'n opsie in sekere lande is.
![]() | |
Oorsig | |
---|---|
Produksie | Desember 2012–huidig |
Modeljare | 2013–huidig |
Montering | Ōbu, Aichi, Japan[1] Tahara, Aichi, Japan[2] Woodstock, Ontario, Kanada Tianjin, China |
Bakwerk en onderstel | |
Bakstyl | 5-deur stasiewa |
Platform | Toyota New MC platform |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 2.0 L Toyota 3ZR-FAE I4 (petrol) 2.2 L Toyota 2AD-FTV I4 (diesel) 2.2 L Toyota 2AD-FHV I4 (diesel) 2.5 L Toyota 2AR-FE I4 (petrol) |
Ratkas | 6-gang handrat 6-gang outomaties Palwisselratstelsel (CVT) outomaties |
Lengte | 4570 mm |
Breedte | 1845 mm |
Hoogte | 1660 - 1705 mm |
Asafstand | 2660 mm |
Die vroeë sukses van die RAV4 het die weg gebaan vir kompeterende kompakte oorkruis-SNV's soos die Ford Escape en die Subaru Forester. In die meeste markte, is die RAV4 die enigste kompakte SNV of oorkruiser beskikbaar by Toyota. In ander markte, is dit die oorkruiser-eweknie van die Toyota FJ Cruiser. Sedert die 2006-derde geslagmodel, het Toyota beide kort- en lang-asafstandweergawes van die RAV4 aangebied. Kort-asafstandweergawes word verkoop in Japan en Europa, met Australië en Noord-Amerika wat die lang-asafstandweergawes ontvang.