'n Trans man of transgender man is 'n man wie se geslag by geboorte as vroulik bepaal is. Die etiket transgender man is nie altyd afwisselbaar met dié van transseksuele man nie, hoewel hulle dikwels so gebruik word. "Transgender" is 'n sambreelterm wat verskillende soorte mense met 'n "ander" binêre oriëntasie (insluitende transseksuele mense) insluit. Trans mans identifiseer hulle as manlik en baie ondergaan chirurgie of hormoonterapie, of albei, om hulle voorkoms so te verander dat dit pas by hulle genderidentiteit of dat dit genderdisforie verlig.[1]
Hoewel dit lyk asof die meeste trans mans hulle as heteroseksueel beskou, en dus tot vroue aangetrokke voel,[2][3] kan hulle nes cisgender mans enige seksuele oriëntasie of seksuele identiteit hê. Sommige beskou konvensionele etikette van seksuele oriëntasie ontoereikend of ontoepaslik op hulle, en van hulle gebruik dan etikette soos
"queer".[4]
↑Bockting, Walter; Benner, Autumn; Coleman, Eli (28 Maart 2009). "Gay and Bisexual Identity Development Among Female-to-Male Transsexuals in North America: Emergence of a Transgender Sexuality". Archives of Sexual Behavior. 38 (5): 688–701. doi:10.1007/s10508-009-9489-3. PMID19330439. S2CID27207925.