'n Trans vrou of transgender vrou is 'n vrou wie se geslag by geboorte as manlik bepaal is. Trans vroue het 'n vroulike genderidentiteit en kan genderdisforie ondervind, 'n ontsteltenis wat veroorsaak word deur die ongerymheid tussen hulle genderidentiteit en aangewese geslag by geboorte.[1]
'n Groot deel van mediese terapie vir trans vroue is behandeling met vroulike hormone, wat die ontwikkel aanhelp van vroulike sekondêre geslagseienskappe (borste, verspreiding van liggaamsvet, ensovoorts). Dit, saam met sosiale transisie en chirurugie, kan genderdisforie verlig.[2][3] Nes cisgender vroue, kan trans vroue enige seksuele oriëntasie hê.
Aansienlike diskriminasie staar trans vroue in die gesig – veral wat indiensneming betref – en hulle kan onderwerp word aan seksuele geweld en haatmisdade, insluitende van lewensmaats. In 'n land soos Amerika is diskriminasie weens transfobie en rassisme teen trans vroue veral erg as hulle lid van 'n minderheidsgroep is.
Die term "transgender vrou" is nie altyd sinoniem met "transseksuele vrou" nie, hoewel die terme soms afwisselend gebruik word. "Transgender" is 'n sambreelterm wat transseksuele mense kan insluit.