| |||||
| |||||
Leuse: iMbumba yaManyama Xhosa vir Eendrag Maak Mag | |||||
Volkslied: Nkosi Sikelel' iAfrika Xhosa vir God seën Afrika | |||||
Ligging van Transkei in Suid-Afrika | |||||
Hoofstad | Mthatha (voorheen Umtata) | ||||
Taal/Tale | Xhosa (amptelik) -Suid-Sotho en Engelse vertalings verlang om wette te proklameer Afrikaans toegelaat in administrasie en wetgewer | ||||
Regering | Republiek | ||||
President | Kaiser Matanzima (1976–1987) | ||||
Bantu Holomisa (1987–1994) | |||||
Wetgewer | Parlement | ||||
Historiese tydperk | Apartheid | ||||
- Stigting | 26 Oktober 1976 | ||||
- Weer ingelyf in Suid-Afrika | 27 April 1994 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1994 | 45 000 km2 17 375 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1994 skatting | 2 400 000 | ||||
Digtheid | 53,3 /km² 138,1 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Suid-Afrikaanse Rand |
Die voormalige Transkei was die eerste en grootste van die voormalige onafhanklike Swart tuislande (Bantoestans), wat onder die bewind van die Nasionale Party geskep is, met 'n oppervlak van 38 712 vierkante kilometer en 3,2 miljoen inwoners. Die gebied is sedert die 15de eeu die historiese tuisland van die Xhosa- en Pondo-stamme, en in 1989 het naastenby die helfte van die Xhosas in Suid-Afrika in die Transkei gewoon.
Transkei het uit die gebiede Fingoland, Tembuland, Griekwaland-Oos, Pondoland en Galekaland bestaan. Die hoofstad was Umtata (die huidige Mthatha), wat in 1879 gestig is, met sowat 50 000 inwoners, en die enigste seehawe Port St. Johns.
Die gebied staan bekend vir sy verruklike natuurtonele, veral langs die Wildekus, 'n subtropiese kusstreek met 'n lengte van sowat 280 kilometer. Oud-president Nelson Mandela was 'n boorling van Mvezo, 'n dorpie in Transkei.