Transnet Freight Rail

Transnet Freight Rail
Tipe Staatsmaatskappy
Gestig 1 April 1990
Hoofkantoor Johannesburg, GautengSuid-Afrika
SleutelpersoneRavi Nair (hoof- uitvoerende beampte)
Lloyd Tobias (hoof- bedryfsbeampte)
Nomfuyo Galeni (hoof- finansiële beampte)
Gebied bedienSuid-Afrika
IndustrieSpoorvervoer
ProdukteVraglogistiek
Inkomsteca. R14 miljard (2006)
Werknemers25 000
Webwerftransnetfreightrail.co.za

Transnet Freight Rail is 'n Suid-Afrikaanse spoorvragvervoerfirma, voorheen bekend as "Spoornet". Dit is 'n dogtermaatskappy van Transnet, die groot staatsbeheerde maatskappy in Suid-Afrika wat vir spoorvervoer, hawens en pyplyne verantwoordelik is. Sy hoofkantoor is in die Inyanda House in Parktown, Johannesburg gevestig.

Transnet is op 1 April 1990 as 'n beperkte maatskappy gestig. Die meerderheid van die maatskappy se aandele word deur die Departement van Openbare Ondernemings besit. Die maatskappy is gestig nadat sake-eenhede en bedrywighede van die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens (SAS&H), asook ander bedrywighede en produkte geherstruktureer is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne