Die Transrapid is 'n hoësnelheidstrein, wat in Duitsland ontwikkel is en vir die vervoer van passasiers en goedere gebruik kan word. Hierdie moderne magneetsweeftrein-vervoerstelsel word deur die Duitse maatskappy Transrapid International GmbH & Co. KG gebou, 'n gemeenskaplike onderneming van Siemens AG en ThyssenKrupp AG.
Sedert die jaar 1969 is sowat een miljard Euro aan die ontwikkeling van die Transrapid-tegnologie bestee, maar die ontwerp het nog geen kommersiële sukses geword nie. In 2006 bestaan daar net een gereelde Transrapid-verbinding in die Volksrepubliek China. Ander lyne word in die Verenigde State (aan die Ooskus en tussen Los Angeles en Las Vegas) beplan.