'n Trapperbroek is 'n kuitlengte broek wat baie gewild was gedurende die 1950's en die vroeë 1960's.[1] Dit word dikwels vasgebind en styf teen die vel gedra, is verwant in styl aan die capri-broek, en word soms na verwys as "clam diggers".
Die naam "pedal pushers" is afkomstig van die styl oorspronklik deur fietsryers gedra, omrede 'n gewone langbroek in die fietsketting kon verstrengel raak, maar die styl het vinnig geïdentifiseer met tienermeisies.[2]