'n Treeplank is 'n smal trap onder die deure aan die sykante van 'n voertuig. Treeplanke help mense om in en uit groter voertuie te klim. Dit is tipies van ouer karre, wat 'n groter grondvryhoogte as moderne karre het. Dit word ook algemeen met hoër voertuie, soos bakkies en sportnutsvoertuie gebruik. Soms word dit as 'n mode-item aan motors wat dit die regtig nodig het nie gemonteer. Die eerste treeplanke is so vroeg as die 17de eeu aan waens en koetse geheg.
Daar kan ook op treeplanke gestaan word terwyl die voertuig beweeg, hoewel dit nie daarvoor bedoel is nie. Treeplanke is nie-opvoubaar en word van 'n sterk stewige materiaal wat 'n relatief groot gewig kan dra vervaardig. Dit verhoog egter die gewig en windweerstand van die motor, wat tot hoër brandstofverbruik lei.