Treurwilger | |
---|---|
'n Treurwilger in Istanbul | |
NE
| |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. babylonica
|
Binomiale naam | |
Salix babylonica |
Die Treurwilger (Salix babylonica) is 'n genaturaliseerde boom, dus 'n indringerplant, in Suider-Afrika wat oorspronklik uit China kom. Daar kom slegs vroulike bome hier voor maar die bome het gevestig geraak deur vegatiewe voortplanting - 'n natuurlike gevolg van takke wat afval. Hierdie spesie is water liewend, en is van die min spesies wat kan oorleef as die wortels vir lang tye onder water staan. Dit het 'n aggresiewe wortelstelsel, wat groot probleme kan veroorsaak as dit naby rioolpype geplant word. Die boom kom wydverspreid langs strome en op rivieroewers voor. Dit het lang lowerryke, neerhangende takke. Die blare is lank, dun en glansend met fyn getande blaarrande. Die blare is bo liggroen en onder blouerig. Die Treurwilger het 'n ligkleurige, sagte, swak hout.
Dik takke van die boom kan afgekap word, en vir 'n week in die water gegooi word, waarna dit in die grond geplant kan word, en maklik sal groei.