Treviso (provinsie)

Algemene gegewens
Land: Vlag van Italië Italië
Streek:
Hoofstad: Treviso (Trevixo)
Administratiewe verdeling: 94 comuni
Oppervlakte: 2 477 vk km
Bevolking: 887 420 (31 Desember 2017)
Bevolkingsdigtheid: 358,3 inwoners per vk km
Webwerf: www.provincia.treviso.it
ISO 3166-2: IT-TV
President: Stefano Marcon (Lega Nord)
Kaart
Die ligging van Treviso in Italië

Die provinsie Treviso (Veneties: Provincia di Trevixo; Italiaans: Provincia di Treviso) is geleë in Noordoos-Italië en maak deel uit van die administratiewe streek Veneto. Treviso, wat in 94 munisipaliteite onderverdeel word, het 'n oppervlakte van 2 477 km2 en 'n bevolking van sowat 887 420 (soos op 31 Desember 2017[1]). Die capoluogo of administratiewe setel (asook die naamgewende en grootste nedersetting) is Treviso. Treviso grens in die noorde aan die provinsie Belluno, in die weste aan Vicenza, aan Padua in die suidweste, Venesië in die suidooste en Friuli-Venezia Giulia in die ooste.

Die huidige provinsie het sy historiese voorloper in 'n Middeleeuse markgraafskap, die Marca Trevigiana (derhalwe word na die provinsie in Italiaans dikwels ook kort as Marca verwys), en het later eeue lank deel uitgemaak van die Republiek Venesië se vastelandse besittings, die Terraferma. In 1796 het dit onder Oostenrykse bewind gekom. In 1866 het dit deel van die verenigde Italië geword. Die provinsie was een van die belangrikste Italiaanse oorlogsteaters tydens die Eerste Wêreldoorlog, gesplyt deur die frontlinie tussen Italiaanse en Oostenryks-Hongaarse magte, met veldslae in Monte Grappa, Montello en Vittorio Veneto.

In die 20ste eeu het familieondernemings soos De’Longhi, Benetton en Stefanel hulle suksesvol op die wêreldmark geposisioneer en bygedra tot die provinsie se ekonomiese welvaart.

  1. Camera di Commercio Treviso-Belluno | Dolomiti: Belluno e Treviso in cifre e confronti con il Veneto. Besoek op 30 Mei 2019

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne