Triberg

Triberg im Schwarzwald

Ligging in Baden-Württemberg Wapen
Vlag
Voer geen vlag nie
 Land Duitsland
 Deelstaat Baden-Württemberg
 Koördinate 48°3′ N, 8°13' O
 Stigting (eerste verwysing) 1239
 Stadstatus 1330
 Oppervlak:  
 - Totaal 33,32 vk km
 Hoogte bo seevlak 864 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2016) 4 764[1]
 - Bevolkingsdigtheid 143/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 7,0 °C[2]
 - Gem. temp. Januarie/Julie -1,1 / 15,6 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 1741,1 mm
 Burgemeester Gallus Strobel
 Amptelike Webwerf www.triberg.de

Triberg (amptelik: Triberg im Schwarzwald) is 'n klein stad in die suidelike deel van die Swartwoud-bergreeks (Swartwoud-Baardistrik, deelstaat Baden-Württemberg) in die suidweste van Duitsland met 'n oppervlak van 33,32 vierkante kilometer en 'n bevolking van 4 764 (soos op 31 Desember 2016). Die naam Triberg is afgelei van die drie bergpieke wat die stad omsluit.

Die stad is een van die gewildste internasionale toeristebestemmings en herstellingsoorde in die Middel-Swartwoud wat onder meer bekendstaan vir die indrukwekkende Triberg-watervalle en die Swartwoud-museum. Danksy die ligging naby die Suidelike Swartwoud het Triberg saam met ander dorpe die amptelike titel "Poort na die Natuurpark Suid-Swartwoud" gekry. Sommige Suid-Afrikaanse toerorganiseerders, wat reise na Europa reël, sluit Triberg gereeld by hul program in.

Met sy goed uitgeboude infrastruktuur met hotelle en restaurante, winkels, 'n hospitaal, 'n hoërskool en ander opvoedkundige instellings verskaf Triberg ook aan bewoners van omliggende kleiner nedersettings belangrike dienste en geriewe.

  1. www.destatis.de[dooie skakel]
  2. Ø 1961–1990

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne