'n Triose is'n monosakkaried, of eenvoudige suiker, met drie koolstofatome. Daar is slegs drie moontlike trioses: L- en D-Gliseraldehied, die twee enantiomere van gliseraldehied, wat aldotrioses is omdat die karbonielgroep aan die punt van die ketting is, en dihidroksiasetoon, die enigste ketotriose, wat simmetries is, en daarom geen enantiomere het nie.[1]
Trioses is belangrik in sellulêre respirasie. Tydens glikolise word fruktose-1,6-bisfosfaat afgebreek na gliseraldehied-3-fosfaat en dihidroksiasetoonfosfaat. Melksuur en pirodruiwesuur word later vanuit hierdie molekules gevorm.[2]