Tsimihety | |
---|---|
![]() Madagaskar, waar die Tsimihety ontstaan het. | |
Totale bevolking: | Sowat 1 200 000[1] |
Belangrike bevolkings in: | Madagaskar |
Taal: | Malgassies |
Geloofsoortuiging: | |
Verwante etniese groepe: | Betsimisaraka |
Die Tsimihety is ’n etniese groep van die noord-sentrale deel van Madagaskar.[2] Die naam beteken "Hulle wat nooit hul hare knip nie", wat moontlik dui op hul onafhanklikheid van die Sakalava-koninkryk in die weste waar dit gebruiklik was om in tye van rou hul hare af te skeer.[3][4][5] Hulle word in die bergstreke van die eiland aangetref[2] en is een van die grootste Malgassiese etniese groepe. Hul getalle word op tussen 700 000 en meer as 1,2 miljoen geraam.[1][6]