Tsitsikammaberge

Witels-piek in die Tsitsikammaberge gesien vanaf die N2 nasionale pad
Tsitsikamma se kuslyn, uitsig oor Nature's Valley, Formosa-piek is die hoogste piek bo links in die foto.

Die Tsitsikammaberge is 'n bergreeks wat van die Wes-Kaap na die Oos-Kaap strek in Suid-Afrika en is deel van die Kaapse Plooigordel. Die hoogste punt is Formosapiek (1675m) naby 'n gehuggie met die naam van Krakeelrivier. Die bergreeks begin aan die oostekant van die Prins Alfredpas (die Outeniekwaberge begin aan die westekant) en eindig net oos van die Stormsrivier waar hulle afplat en later eindig by Kareedouw. Die pas se naam is afgelei van 'n Khoikhoi woord wat 'plek van helder water' beteken.[1] Die Langkloof is noord van die Tsitsikammaberge.

  1. Passes & Poorts. Getaway. 2010 Marion Whitehead. ISBN 978-1-77009-805-3

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne