Tsjeggië | ||||
Unie | Tsjeggiese Rugbyunie | |||
Afrigter(s) | Miroslav Němeček en Pavel Pala | |||
Kaptein(s) | Marek Loutocký | |||
|
||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste toetse | Pavel Syrovy (28)[1] | |||
Meeste punte | Martin Kafka (153)[2] | |||
Meeste drieë | Jan Rohlik (7)[3] | |||
Eerste internasionale wedstryd | ||||
Tsjeggo-Slowakye 5–21 Roemenië (22 Mei 1927) Andorra 6–3 Tsjeggië (15 Mei 1993) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Tsjeggië 95–5 Kroasië (7 April 2002) | ||||
Grootste nederlaag | ||||
Italië 104–8 Tsjeggië (Viadana, Italië; 18 Mei 1994) | ||||
Unie webwerf | ||||
www.rugbyunion.cz |
Die Tsjeggiese nasionale rugbyspan verteenwoordig Tsjeggië in rugby op internasionale vlak. Rugby in Tsjeggië word deur die Tsjeggiese Rugbyunie (Tsjeggies: Česká Rugbyová Unie) geadministreer. Die Tsjeggiese rugbyspan is tans (18 Desember 2019) 37ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4]
Die span het vir die eerste keer in 1993 as Tsjeggië rugby begin speel nadat Tsjeggo-Slowakye verdeel is. Voor die ontbinding het die span as Tsjeggo-Slowakye gespeel. Die span speel in die Europese Rugbykampioenskap. Die span het tot dusver nog nie vir die Rugbywêreldbeker gekwalifiseer nie, al ding hulle sedert 1995 in die kwalifisering mee. Die sport is in die land nog steeds op amateurvlak, maar daar is verskeie Tsjeggiese spelers wat in Frankryk professioneel speel, waaronder Martin Jágr.