Tsjernobog

Tsjernobog (die "swart god" of "god van die donker") is ’n bose god in die Slawiese mitologie. Hy bring ongeluk en is die vyand van Belobog (die "wit god" of "god van die lig").

Hy en Belobog is in ’n voortdurende stryd gewikkel. Op die dag-en-nag-ewening (op 21 Maart en 22 September wanneer dag en nag ewe lank is) is hulle gelykop. Ná die winter-dag-en-nag-ewening word die dae langer; dan wen Belobog. Ná die somer-dag-en-nag-ewening word die nagte langer; dan wen Tsjernobog.[1]

Daar word baie oor Tsjernobog bespiegel, maar min is werklik oor hom bekend. Daar word soms getwyfel oor hoe belangrik hy vir die antieke Slawiërs was. Die naam kom veral voor onder die Wes-Slawiese volke van die 12de eeu en daarom word betwyfel of hy ’n baie belangrike of ou godheid is.

  1. Dazjbog se kleinkinders

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne