Tswaing-krater

Die Tswaing-krater.

Die Tswaing-meteorietimpakkrater ook bekend as die Soutpan-krater[1][2] is sowat 40 km noordwes van Pretoria, net noord van Soshanguve. Die krater, met ‘n deursnee van ongeveer 1,1 km is byna sirkelvormig en is in die Nebogranietfase van die Bosveldstollingskompleks geleë.

Die Tswaing-impakkrater verteenwoordig een van die jongste, bes bewaarde en mees toeganklike komvormige impakkraters op aarde.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named hartrao
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named sa-venues

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne