Tucker Carlson | |
---|---|
![]() Tucker Carlson in 2013 | |
Gebore | Tucker McNear Carlson [1] 16 Mei 1969 |
Beroep | politieke kommentator, rubriekskrywer |
Werkgewer | CNN (2000–2005) MSNBC (2005–2008) Fox News (2009 – 2023) |
Beweging | Konserwatisme |
Eggenoot | Susan Andrews |
Kinders | 4 |
Tucker Swanson McNear Carlson (16 Mei 1969) is 'n Amerikaanse konserwatiewe joernalis, skrywer en politieke kommentator wat die aandprogram Tucker Carlson Tonight op Fox News van 2016 tot 2023 aanbied. Die eerste aflewering daarvan is deur 3,7 miljoen kykers gekyk.[2]
Carlson het in die negentigerjare 'n joernalis geword en vir die tydskrif The Weekly Standard geskryf. Hy was 'n kommentator op CNN vanaf 2000 tot 2005, en mede-aanbieder van die nuusdebatprogram Crossfire. Hierna was vanaf 2005 tot 2008 Carlson die aanbieder van die nagtelike program Tucker op MSNBC. Hy is sedert 2009 'n politieke ontleder by Fox News, en het as gas of gas-aanbieder op verskeie programme gedien voor die aanvang van sy huidige program. Carlson is die medestigter van The Daily Caller (2010), en het ook gedien as die aanvanklike hoofredakteur van dié konserwatiewe nuus- en meningswebwerf.
Carlson het twee boeke geskryf naamlik, die outobiografie getitel Politicians, Partisans and Parasites: My Adventures in Cable News (2003) en Ship of Fools: How a Selfish Ruling Class is Bringing America to the Brink of Revolution (2018).