Tuinkabouter

'n Duitse tuinkabouter

Tuinkabouters (Duits: Gartenzwerge) is beeldjies wat as ornamente op grasperke en in tuine gebruik word. Die kabouters het menslike eienskappe en word tradisioneel as manlike dwerge met 'n rooi gepunte mus uitgebeeld. Tuinkabouters se grootte wissel gewoonlik van 30 – 60 cm. Miniatuur tuinkabouters wat net 'n paar sentimeters hoog is, is 'n neiging wat onlangs posgevat het. Hoewel tuinkabouters oorspronklik as versiering in die tuine van welgestelde Europeërs gebruik is, word hulle deesdae in die tuine en op grasperke van alle sosiale klasse, oral in die Westerse wêreld, gesien.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne