Tupac Shakur | |
---|---|
Tupac-graffiti in New York | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Lesane Parish Crooks |
Ook bekend as | 2Pac, Pac, Makaveli, MC New York |
Gebore | 16 Junie 1971 New York, New York (VSA) |
Oorsprong | Marin City, Kalifornië |
Sterf | 13 September 1996 (op 25) Las Vegas, Nevada (VSA) |
Genres | Hip hop |
Beroep(e) | Rapper, akteur, rekordprodusent, digter, draaiboekskrywer, aktivis, skrywer |
Jare aktief | 1988-1996 |
Etikette | Death Row, Interscope |
Assosiasies | Outlawz, Thug Life, Danny Boy, Digital Underground, Dr. Dre, Johnny "J", Ice Cube, Nate Dogg, The Notorious B.I.G., Snoop Dogg |
Webwerf | www.2Pac.com |
Tupac Amaru Shakur (gebore Lesane Parish Crooks; 16 Junie 1971 – 13 September 1996), onder sy verhoognaam bekend as 2Pac (of eenvoudig Pac) en Makaveli, was 'n Amerikaanse kletskunstenaar. Meer as 75 miljoen van Shakur se plate is al wêreldwyd verkoop,[1] wat hom een van die kommersieel suksesvolste musiekkunstenaars ter wêreld maak. Rolling Stone Magazine het hom as die 86ste Grootste Kunstenaars van Alle Tye benoem.[2]
Nie-net was Shakur 'n topverkopende kletskunstenaar nie, want daarbenewens was hy ook akteur[3] en sosiale aktivis. Die meeste van Shakur se lirieke handel oor grootword tussen die geweld en swaarkry in die ghetto's, rassisme, probleme met die samelewing en konflikte met ander kletskunstenaars tydens die Ooskus-Weskus-hiphopwedywer. Shakur was aanvanklik 'n toergesel en agtergronddanser vir die alternatiewe hiphopgroep Digital Underground.[4][5][6]
Geweld was 'n tema nie net in sy kuns nie, maar ook in sy lewe. In November 1993 is hy van seksuele aanranding aangekla en is hy gevolglik 'n een-en-'n-half tot vier-en-'n-half jaar tronkstrafvonnis opgelê.[7] Op 7 September 1996 is Shakur in Las Vegas in Nevada geskiet. Hy is na die Universiteit van Nevada se mediese sentrum geneem waar hy aan long- en hartversaking op 13 September oorlede is.[8]