Tweeling | ||||
![]() | ||||
Latynse naam | Gemini | |||
Genitief | Geminorum | |||
Afkorting | Gem | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 7h | |||
Deklinasie | 20º | |||
Grootte | 514 vk. grade (30ste) | |||
Kwadrant | NQ2 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 8, 17 | |||
Helderste ster | Pollux (β Gem) | |||
Naaste ster | Gliese 251 | |||
Sterre helderder as 3 m | 4 | |||
Sterre met planete | 7 | |||
Messier-voorwerpe | 1 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 80 | |||
Meteoorreëns | Geminids, Rho Geminids | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Rooikat, Koetsier, Bul, Jagter, Eenhoring, Klein Hond, Kreef | ||||
|
Die Tweeling (Latyn: Gemini) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemaeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit word verbind met die tweeling Castor en Pollux in die Griekse mitologie.
Die maklikste manier om die sterrebeeld te vind is om na die twee helderste sterre, Castor en Pollux, te soek. Hulle is suid van die bekende “V”-vormige sterrepatroon in die sterrebeeld Bul en die drie sterre van die Jagter se Belt (in Suid-Afrika ook bekend as die Drie Konings).