Hoewel die toekoms nooit met absolute sekerheid voorspel kan word nie, kan ’n mens sekere voorspellings vir ’n tydlyn van die verre toekoms waag aan die hand van verskeie wetenskaplike terreine, al is dit net in die breedste sin.[1] Dié terreine sluit in astrofisika, wat onthul het hoe planete en sterre vorm, met mekaar ’n wisselwerking het en tot ’n einde kom; deeltjiefisika, wat onthul het hoe materie op die kleinste skale optree; evolusionêre biologie, wat voorspel hoe lewe mettertyd sal ontwikkel; en plaattektoniek, wat wys hoe kontinente oor millenniums skuif.
Alle voorspellings oor die toekoms van die Aarde, Sonnestelsel, en heelal moet die tweede wet van termodinamika in ag neem wat bepaal dat entropie, of ’n verlies van die energie wat beskikbaar is om werk te doen, mettertyd moet toeneem.[2] Sterre se voorraad waterstofbrandstof sal eindelik opraak en hulle sal ophou brand. Wisselwerkings tussen hemelliggame sal veroorsaak dat swaartekrag planete uit hulle steromgewings werp, en sterre en hulle planete uit sterrestelsels.[3]
Fisici verwag dat materie self eindelik onder die invloed van radioaktiewe verval sal kom, want selfs die stabielste materiale breek op in subatomiese deeltjies.[4] Huidige data dui daarop dat die heelal ’n plat geometrie het (of baie na aan plat) en dit sal dus nie ná ’n eindige tyd inkrimp nie,[5] en die oneindige toekoms maak voorsiening vir ’n aantal uiters onwaarskynlike gebeure, soos die vorming van Boltzmann-breine.[6]
Die tydlyne in dié artikel dek gebeure van die begin van die 11de millennium[nota 1] tot die verste toekoms. ’n Paar alternatiewe gebeure in die toekoms word gelys om rekenskap te gee van kwessies wat nog onopgelos is, soos of die mens sal uitsterf, of protone verval en of die Aarde sal oorleef wanneer die Son uitsit en ’n rooireus word.
<ref>
tag; no text was provided for refs named five ages
<ref>
tag; no text was provided for refs named dying
<ref>
tag; no text was provided for refs named Komatsu
<ref>
tag; no text was provided for refs named linde
Verwysingfout: <ref>
tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/>
tag was found