Tyrannosauridae | |
---|---|
![]() | |
’n Skelet van Tyrannosaurus rex (Palais de la Découverte). | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | Tyrannosauridae (Osborn, 1906)
|
Subgroepe | |
|
Tyrannosauridae | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||
|
Tyrannosauridae ("tiran-akkedisse") was ’n familie teropode-dinosourusse wat bestaan uit twee subfamilies met tot elf genera, insluitende die bekende Tyrannosaurus. Die presiese getal genera is onseker; sommige wetenskaplikes erken so min as drie. Al dié diere het naby die einde van die Kryt-periode geleef en hul fossiele is net in Noord-Amerika en Asië ontdek.
Hoewel hulle van kleiner voorsate afgestam het, was tirannosourides feitlik altyd die grootste roofdiere in hul onderskeie ekosisteme en aan die bopunt van die voedselketting. Die grootste spesie was Tyrannosaurus rex, een van die grootste landroofdiere – dit was tot 12,3 m lank[1] en het tot 6 500 kg geweeg.[2] Tirannosourides was tweevoetige karnivore mat enorme skedels met groot tande. Ondanks hul grootte was hul bene lank en geskik vir vinnige beweging. In teenstelling daarmee was hul voorpote baie klein en het hulle net twee funksionele vingers gehad.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter |coauthors=
geïgnoreer (hulp)
{{cite journal}}
: Onbekende parameter |coauthors=
geïgnoreer (hulp)