UMgungundlovu

Die herboude isigodlo (koninklike kamp) by uMgungundlovu.
uMgun-gundlovu is in Suid-Afrika
uMgun-gundlovu
uMgun-gundlovu
Ligging van Dingaan se kraal, uMgungundlovu


uMgungundlovu (ook bekend as Dingaanstat) was die koninklike hoofstad van Zoeloekoning Dingaan (1828–1840) en een van verskeie militêre komplekse (amakhanda) wat hy opgebou het. Hy het sy koninklike kraal in 1829 in die eMakhosini-vallei teen Leeukop (Singonyama), net suid van die Wit-Mfolozirivier opgerig.

Die naam uMgungundlovu is afgelei van die Zoeloe-frase "ungungu we ndlovu", wat "die geheime konklaaf van die olifant" beteken. Sommige bronne verwys ook na uMgungundlovu as "die plek van die olifant". Die woord indlovu (olifant) verwys na die koning van die Zoeloes.[1]

  1. Adrian Koopman: The Place of the Elephants?; Geskiedenis van Pietermaritzburg op www.pmbhistory.co.za Geargiveer 19 Februarie 2014 op Wayback Machine, besoek io 21 Desember 2014

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne