![]() Die USS Constitution seil in Massachusetts-baai op 21 Julie 1997. | |
Naam | USS Constitution |
---|---|
Besteldatum | 1 Maart 1794 |
Bouers | Edmund Hartt se Skeepswerf |
Gebruik deur | ![]() |
Koste | VS$ 302 718 |
Aantal beplan | 6 |
Datum neergelê | 1 November 1794 |
Tewaterlating | 21 Oktober 1797 |
In gebruik | 1 |
Lot | In aktiewe diens |
Tuishawe | Charlestown Vlootwerf |
Bynaam | Old Ironsides |
Verplasing | 2 200 ton |
Lengte | 53 m (175 vt) op watervlak |
Wydte | 13,26 m (43 vt 6 dm) |
Diepgang | 6,4 m voor, 7,0 m agter |
Spoed | 13 knope (24 km/h) |
Bemanning | 450 insl. 55 matrose en 30 hande |
Die USS Constitution (1797), bekend as "Old Ironsides" is 'n houtromp driemasfregat van die Amerikaanse Vloot. Hy is vernoem na die Amerikaanse grondwet en is die oudste varende skip ter wêreld. (HMS Victory is drie dekades ouer, maar is permanent in 'n droogdok gestasioneer).
Constitution was een van ses fregatte vir vervaardiging goedgekeur ingevolge die Amerikaanse Vlootwet van 1794. Joshua Humphreys het die skepe as slagskepe ontwerp. Die Constitution en sy susterskepe was gedugte opponente vir selfs die beste oorlogskepe van die tyd, aangesien hulle groter en swaarder bewapen was as 'n standaardfregat.