Vaartuig klas | Permit-class submarine |
---|---|
Amptelike naam | USS Thresher |
Vernoem na | Alopias |
Geografiese ligging | 41°46′0″N 65°3′0″W |
Land van oorsprong | Verenigde State |
Belangrike gebeurtenis | skeepswraking, ship launching, keel laying, ship commissioning |
Operateur | Amerikaanse Vloot |
Vervaardiger | Portsmouth Naval Shipyard |
Ingebruikneming | 3 Augustus 1961 |
Vlagstaat | Verenigde State |
Teken nommer | SSN-593 |
Die USS Thresher was 'n kernaangedrewe duikboot van die Amerikaanse Vloot wat op 10 April 1963 gesink het na 'n ongeluk aan boord. Die Thresher was die leierduikboot in sy klas. Toe dit te water gelaat is, het dit nuwe standaarde ten op sigte van snelheid en diepteduik daargestel. Tydens 1963 ondergaan dit toetse te Charleston en oppad terug na die hawe word hy deur 'n sleepboot gestamp wat skade aanrig aan een van sy ballastenks. Hy word na Groton, Connecticut gestuur vir herstelwerk by die Electric Boat Company. Nadat die herstelwerk voltooi moet hy weer sertifiseringstoetse ondergaan, wat plaasvind ongeveer 322 km vanaf die kus van New England.
Op 10 April 1963 word die Thresher vergesel deur die USS Skylark, met 16 offisiere, 96 manskappe en 17 siviele tegnici aanboord die Thresher. Die Skylark was toegerus met monitor- en onderwaterkommunikasietoerusting. Nadat die Thresher geduik het, rapporteer hy dat hy in die moeilikheid is. Die kommunikasie het toe onduidelik geraak en skielik was die Thresher stil.