Ubuntu 22.04 wat GNOME loop | |
Webwerf: | ubuntu |
Maatskappy/ ontwikkelaar: | Canonical Ltd / Ubuntu Foundation |
Bedryfstelsel-familie: | Linux |
Bronkodemodel: | Vrye en Oopbron Sagteware |
Jongste stabiele uitgawe: | 24.10[1] / 10 Oktober 2024 |
Platforms wat ondersteun word: | i386, AMD64, ARM |
Kerntipe: | Monolitiese kern |
Verstek-gebruikerskoppelvlak: | GNOME |
Lisensie: | GPL en ander lisensies |
Status: | Tans aktief |
Ubuntu, /ùbúntú/ (oe-boen-toe), is 'n hoofsaaklik tafelrekenaar georiënteerde Linux-verspreiding, gebaseer op Debian GNU/Linux. Dit word geborg deur Canonical Ltd (wat deur Mark Shuttleworth besit word), en die naam kom van die Suid-Afrikaanse konsep Ubuntu—rofweg, "menslikheid teenoor andere". Dit verskil van Debian in die opsig dat daar elke 6 maande 'n uitgawe is en dat ondersteuning vir ten minste 18 maande na die vrystelling van die uitgawe verskaf word,[2] en die sterk klem wat op bruikbaarheid geplaas word.
Ubuntu uitgawe 6.06 LTS, met die kodenaam "Dapper Drake", is op 1 Junie 2006 vrygestel en sal vir 3 jaar op tafelrekenaars en 5 jaar op bedieners ondersteun word, inplaas van die gewone 18 maande.[3] Ubuntu poog om slegs vrye sagteware te gebruik om 'n nuwerwetse dog redelik stabiele bedryfstelsel vir die gemiddelde gebruiker te verskaf. Ubuntu het 'n lewendige gebruiker- en steungemeenskap.[4][5]
Kubuntu en Xubuntu is amptelike subprojekte van die Ubuntu-projek om die KDE en Xfce Werkskermomgewings onderskeidelik na die Ubuntu kern te bring. Edubuntu is 'n amptelike subprojek wat "vir skool omgewings ontwerp is, en wat ewe geskik behoort te wees vir kinders om tuis te gebruik."