Universiteit van Pretoria | |
---|---|
![]() | |
Die Ou Lettere- en Geesteswetenskappegeboue | |
Leuse: | Ad Destinatum Persequor |
Leuse in Afrikaans: | Met ywer en volharding streef ek na die doel |
Leuse in Engels: | With zeal and perseverance I strive towards the goal[1] |
Gestig: | 4 Maart 1908[2] |
Tipe: | Openbare universiteit[3] |
Befondsing: | R2 470 miljoen[4] (31 Desember 2010) |
Kanselier: | Wiseman Nkuhlu |
Personeel: | 4 099 (voltydse aanstellings) |
Studentetal: | 38 934 Kontak 18 475 Afstand 57 409 Totaal[5] |
Voorgraadse studente: | 28 450[5] |
Nagraadse studente: | 10 484[5] |
Ligging: | Pretoria, Gauteng
25°45′13″S 28°13′47″O / 25.75361°S 28.22972°O |
Kampus: | 7 Suburban kampusse en fasiliteite 1120 ha (2767 akker)[6][7] |
Kleure: | Blou, rooi en goud |
Bynaam: | Tuks of Tukkies[2] |
Gelukbringer: | Oom Gert[8] |
Affiliasies: | AAU ACU[9] CDIO[10] FOTIM[11] HESA IEASA |
Webtuiste: | up.ac.za |
Die Universiteit van Pretoria (algemeen na verwys as UP, Tuks, of Tukkies) is 'n multikampus openbare navorsingsuniversiteit in Pretoria, die administratiewe hoofstad van Suid-Afrika.
Die universiteit het in 1908 ontstaan as die Pretoriakampus van die Johannesburg-gebaseerde Transvaalse Universiteitskollege (waarvan die naam Tukkies afgelei is) en het gegroei uit die oorspronklike 32 studente in 'n enkele laat-Victoriaanse huis tot ongeveer 39 000 in 2010. Die universiteit het in 1930 selfstandig geword toe die Privaatwet op die Universiteit van Pretoria (Wet no. 13 van 1930) die universiteit tot 'n onafhanklike universiteit verklaar het, met Tielman Roos as eerste kanselier (tot 1932).
Sedert 1997 het die Universiteit meer navorsingsuitsette elke jaar as enige ander instelling van hoëronderwys in Suid-Afrika geproduseer, soos gemeet deur die Departement van Onderwys se akkreditasiemaatstaf. In 2008 het die universiteit 15,8% van alle meesters- en doktorsgrade in Suid-Afrika toegeken, die hoogste persentasie in Suid-Afrika.