Universiteit van Vilnius | |
---|---|
Universiteit van Vilnius: Die Groot Binneplein | |
Latyn: Universitas Vilnensis | |
Leuse: | Hinc itur ad astra |
Leuse in Afrikaans: | Vanaf hier lei die pad na die sterre |
Leuse in Engels: | From here the way leads to the stars |
Gestig: | 7 Julie 1578 |
Tipe: | Openbare universiteit |
Godsdienstige Affiliasie: | Sint Johannes Kerk |
Rektor: | prof. Rimvydas Petrauskas |
Personeel: | 1 353 |
Studentetal: | 21 596 |
Voorgraadse studente: | 14 890 |
Nagraadse studente: | 4 046 |
Doktorale studente: | 793 |
Ander studente: | 785 (Besturende direkteure in verblyf) 713 (internasionale studente) |
Ligging: | Vilnius, Litaue
54°40′57″N 25°17′14″O / 54.68250°N 25.28722°O |
Kampus: | Stedelik |
Kleure: | Maroen |
Affiliasies: | EUA, Santander Network, UNICA, Utrecht Network |
Webtuiste: | vu.lt |
Die Universiteit van Vilnius (Litaus Vilniaus universitetas, Latyn Universitas Vilnensis) is die grootste universiteit in Litaue en – met stigtingsdatum 7 Julie 1578 – een van die oudstes in Oos-Europa.
Die universiteit bestaan uit twaalf akademiese departemente, agt universitêre institute en tien studie- en navorsingssentra. Die universiteitsbiblioteek in Vilnius is die oudste biblioteek in Litaue. Die universiteit se geriewe sluit daarnaas drie akademiese hospitale, 'n sterrewag, die botaniese tuin, 'n rekenaarsentrum en die universiteitskerk Sint Johannes in.