Universiteit van Wes-Kaapland | |
---|---|
![]() | |
Die hoofgebou van die Universiteit van Wes-Kaapland | |
Leuse: | Respice Prospice |
Gestig: | 1959 |
Tipe: | Openbare universiteit |
Kanselier: | Thabo Makgoba |
Studentetal: | 15 226 |
Voorgraadse studente: | 11 836 |
Nagraadse studente: | 3 390 |
Ligging: | Modderdamweg, Bellville, Kaapstad, Wes-Kaap
33°56′0″S 18°38′0″O / 33.93333°S 18.63333°O |
Kampus: | Stedelike omgewing |
Affiliasies: | ACU, CHEC, HESA, IAU |
Webtuiste: | uwc.ac.za |
Die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), of ook die University of the Western Cape (UWC), is in 1960 opgerig as 'n universiteit vir Kleurlinge in Bellville, naby Kaapstad. Ander universiteite in of naby Kaapstad is die Universiteit van Kaapstad (University of Cape Town, UCT, oorspronklik vir Engelstalige blankes) en die Universiteit van Stellenbosch (oorspronklik vir Afrikaanssprekende blankes). Die stigting van UWK was 'n tipiese apartheidsfenomeen, 'n direkte gevolg van die Wet op Aparte Universiteite, wat in 1957 aangeneem is. Met dié wet is die segregasie tot in die hoër onderwys deurgevoer. Kleurlinge het slegs toegang gehad tot 'n beperkte aantal universiteite en is nie meer toegelaat by blanke universiteite nie. Ook ander "etniese universiteite", soos die Universiteit van Zoeloeland en die Universiteit van die Noorde, is in dié tydvak opgerig.