Universiteit van Kaapstad | |
---|---|
Die Universiteit van Kaapstad | |
Leuse: | Spes Bona |
Leuse in Afrikaans: | Goeie Hoop |
Leuse in Engels: | Good Hope |
Gestig: | 1 Oktober 1829 (as Suid-Afrikaanse Kollege) 2 April 1918 (universiteitstatus) |
Tipe: | Openbare universiteit |
Befondsing: | R2 173,4 miljoen[1] |
Kanselier: | Precious Moloi-Motsepe |
Personeel: | 1 980 |
Studentetal: | 23 500 |
Voorgraadse studente: | 15 800 |
Nagraadse studente: | 6 700 |
Ligging: | Kaapstad, Wes-Kaap
33°57′27″S 18°27′38″O / 33.95750°S 18.46056°O |
Kampus: | 4 voorstedelike en 2 stedelike kampusse |
Kleure: | Ligblou, donkerblou en wit |
Bynaam: | Ikeys |
Gelukbringer: | Tier |
Affiliasies: | AAU, ACU, CHEC, HESA, IAU, WUN |
Webtuiste: | uct.ac.za |
Die Universiteit van Kaapstad of UK (Engels: University of Cape Town of UCT) is 'n universiteit geleë in Kaapstad, Suid-Afrika. Dit is die oudste universiteit in Suid-Afrika en is een van die voorste onderwys- en navorsingsinstellings in Afrika. Die universiteit het sowat 23 500 ingeskrewe studente, waarvan ongeveer 20% buitelanders is.[2] Die UK is volgens Times Higher Education die 103de beste universiteit ter wêreld en is in daardie kategorie die enigste Afrika-universiteit om onder die voorste 200 instellings wêreldwyd geplaas te word.[3] Die Financial Times het die UK se MBA-program in 2011 as die 60ste beste ter wêreld aangewys en dit as beste ter wêreld vir opvoedingsgeldwaarde benoem.[4]